Suid-Afrika is in nood – maar saam kan ons hoop terugbring
Sedert Junie verlede jaar het die Suid-Kaap geen betekenisvolle reën ontvang nie. Die aarde is gekraak, die veld is dor, en waar daar eens groen weiding was, is daar nou stof en stilte. Boere moet daagliks hul diere voer net om hulle aan die lewe te hou. Elke sak voer kos geld wat daar eenvoudig nie meer is nie. Die moed is min. Baie boere is op hul knieë.
Die hele Suid-Kaap word geraak – en die vooruitsig is somber: die droogte gaan nie gou breek nie.

Intussen woed verwoestende veldbrande in die Wes-Kaap. Duisende hektaar het reeds afgebrand. Gesinne het hul huise en eiendom verloor. Sterk winde en uitermatige droogte maak die terrein lewensgevaarlik. Brandspanne, vrywilligers en gemeenskapslede werk dag en nag, uitgeput, vasberade, maar sonder rus. Hulle het ondersteuning nodig – nou.
En terwyl dele van die land brand en verdor, verspoel Limpopo en Mpumalanga. Sommige boere het tot 800 mm reën in een dag ontvang. Phalaborwa is tydelik van die buitewêreld afgesny; paaie is heeltemal weggespoel. In landelike gebiede is toegang byna onmoontlik. Boere en gemeenskappe sit vas – sonder basiese noodsaaklikhede.
In hierdie donker tyd staan AfriForum op om te help met:
- voer vir boere in die Suid-Kaap;
- ondersteuning vir brandspanne in die Wes-Kaap;
- noodsaaklikhede en logistieke hulp vir boere en dorpe in Limpopo en Mpumalanga; en
- fondse om vervoer- en vliegkoste te dek sodat hulp wel uitkom.
Jy kan ’n verskil maak.
Selfs R50 kan help om ’n dier te voer, ’n brandbestryder te ondersteun of noodhulp by ’n afgesnyde gemeenskap te kry.
Vat saam met AfriForum hande en help ons om hoop terug te gee.




















