Jou ondersteuning het nie net fondse moontlik gemaak nie; dit het hoop gebring waar daar nood was, stem gegee waar regte bedreig is, en beskerming gebied waar gemeenskappe kwesbaar was.
Van droogtes en rampe tot regsaksies, veiligheid en slagofferondersteuning – elke veldtog wat AfriForum aangepak het, dra die tekens van mense wat bereid was om betrokke te raak en saam te staan.
Hierdie veldtogte sluit onder meer in:
- Vriende van AfriForum
- Regsfonds
- Noodfonds
- Veiligheidsfonds
- Slagofferondersteuningsfonds
- Sê nee vir die BELA-wetsontwerp
- AfriForum se internasionale veldtog teen haatspraak
- Wilmien Potgieter-fonds
Elke een van hierdie veldtogte vertel ’n storie van mense wat opgestaan het toe dit saak gemaak het.
Belangrike kennisgewing: nuwe sekuriteitsmaatreëls vir skenkings
Om skenkers nóg beter te beskerm, het GivenGain onlangs hul sekuriteitsreëls opgegradeer. Hierdie veranderinge is deel van internasionale beste praktyk om aanlyn bedrog te voorkom en transaksies veiliger te maak.
Wat beteken dit in die praktyk?
- Skenkers se kaarte moet 3D Secure- (3DS-)verifikasie ondersteun.
- Indien jou kaart nie 3DS-verifikasie ondersteun nie, of as die verifikasie misluk, word die transaksie outomaties geblokkeer.
- Dit kan selfs gebeur met maandelikse skenkings wat voorheen sonder probleme verwerk is, veral as ’n bank hul sekuriteitsvereistes onlangs opgegradeer het het.
Ons vra daarom ons ondersteuners om seker maak dat 3DS-verifikasie op hul bankkaart geaktiveer is om voortgesette bydraes sonder onderbrekings te verseker.
Hierdie stappe is daar vir sowel jou eie veiligheid as ons s’n en help om AfriForum se skenkingsplatform betroubaar en veilig te hou.
’n Woord van opregte waardering
Ons waardeer jou ondersteuning innig. Sonder jou bydraes sou ons nie ’n volhoubare toekoms vir ons mense aan die suidpunt van Afrika – en vir ons mense in die res van die wêreld – kon help bou nie. Ons ondersteuners maak AfriForum sterk.
Bly gerus op hoogte van ons werksaamhede via die media en ons webtuiste by www.afriforum.co.za.
Kontak ons gerus indien jy enige vrae of voorstelle het.
Ons wens jou alle voorspoed toe – en sê weer eens: Dankie dat jy saam met ons staan.



















