Onderneming in die kollig: Kromdraai Deli

10/02/2026
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Kromdraai Deli

Daar is sekere geure wat jou onmiddellik huis toe neem – al is “huis” duisende kilometers ver. Vir baie van ons mense wat oorsee woon, is dit juis kos wat herinneringe wakker maak, stories vertel en ’n gevoel van behoort skep. In hierdie uitgawe van Onderneming in die kollig stel ons ’n onderneming bekend wat presies dit doen: met elke happie word ’n stukkie Suid-Afrika weer lewendig.

Hierdie week neem ons jou na Kanada, waar Kromdraai Deli Suid-Afrikaanse produkte verskaf aan almal wat ver van die huis is. Dit is ’n troos as mens huis toe verlang, of ’n feestelikheid as jy gelukkig is. Ons produkte en kos herinner jou aan jou tuisland. Ons is vir altyd trots Suid-Afrikaans.

Kromdraai is die naam van ’n plaas Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is geleë in die Hoëvled tussen Standerton en Volksrust.  

Kromdraai Deli and Store is ’n familieonderneming. Kromdraai het sy deure in November 2024 geopen nadat die eienaar die vorige Suid-Afrikaanse winkel op dieselfde perseel in Lethbridge, Alberta in Kanada oorgeneem het.

“Kromdraai Deli is daarop gemik om ’n bekende plek te wees waar jy jou gunsteling- Suid-Afrikaanse produkte kan koop. By Kromdraai nooi ons jou uit: “KOM DRAAI!” Kom besoek gerus ons wye reeks smaaklike Suid-Afrikaanse disse en nageregte.

Ondernemings soos Kromdraai Deli wys  hoe ons mense hul kultuur, vaardighede en entrepreneursgees saamneem, waar hulle ook al wortelskiet. Dit is juis hierdie stories van aanpas, bou en bydra wat die Wêreldgids so waardevol maak – ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings mekaar vind en ondersteun, ongeag landsgrense.

Het jy ook ’n onderneming oorsee, of ken jy een wat verdien om raakgesien te word?
Registreer dit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids en word deel van ’n groeiende netwerk wat gehalte, diens en identiteit wêreldwyd sigbaar hou.

Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za – ons hoor graag jou storie!

Kontak Kromdraai Deli

Klik hier om Kromdraai Deli se Facebook-blad te besoek.
Klik hier om Kromdraai Deli op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Deel op

Nuutste artikels