Elke onderneming het ’n storie – een van moed, drome en ’n bietjie Suid-Afrikaanse vasberadenheid. Wanneer mense hul tasse pak en nuwe horisonne aanpak, pak hulle ook hul kreatiwiteit, hul kultuur en hul passie in. AfriForum Wêreldwyd glo dat dié stories verdien om vertel te word. Met ons Onderneming in die kollig-reeks vier ons week na week die Suid-Afrikaanse ondernemings wat reg oor die wêreld hul eie stukkie “tuis” skep – waar taal, hart en diens steeds hand aan hand loop.
Hierdie week neem ons jou na Kanada, waar Echoes of South Africa deur handgemaakte Suid-Afrikaanse dekor en geskenke ’n tikkie huis aan Suid-Afrikaners bied.
Lees meer oor Echoes of South Africa
Elke item is liefdevol uitgesoek, elke een ’n bewys van die vakmanskap en kulturele rykdom van Suid-Afrika. My hoop is dat hulle net soveel vreugde na jou ruimte bring as wat hulle na myne bring – ’n bekende troos, ’n vonk van nostalgie en altyd ’n tikkie tuiste.

Ondernemings soos Echoes of South Africa wys hoe ons mense hul kultuur, vaardighede en entrepreneursgees saamneem, waar hulle ook al wortelskiet. Dit is juis hierdie stories van aanpas, bou en bydra wat die Wêreldgids so waardevol maak – ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings mekaar vind en ondersteun, ongeag landsgrense.
Het jy ook ’n onderneming oorsee, of ken jy een wat verdien om raakgesien te word?
Registreer dit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids en word deel van ’n groeiende netwerk wat gehalte, diens en identiteit wêreldwyd sigbaar hou.
Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za – ons hoor graag jou storie!
Deel op
"*" indicates required fields
Nuutste artikels



















