AfriForum vier vandeesmaand sy 20ste bestaansjaar, en in dié reeks neem ons ’n voëlvlug oor die afgelope 20 jaar se suksesse, mylpale én selfs ’n paar komiese oomblikke in die organisasie se bestaan. Dié en vele meer gebeure is vervat in ’n 20 jaar-gedenkboek wat binnekort verskyn.
2014: Internasionale staptog teen plaasmoorde
AfriForum het in September 2014 aan ’n internasionale staptog deelgeneem as deel van die breër veldtog om die regering te oortuig van die prioritisering van plaasmoorde. Die staptog is gelyktydig in Thabazimbi (tuisdorp van die vermoorde Christine Robinson), Vancouver in Kanada, Londen en Liverpool in Engeland aangebied. Die staptog is ook aangebied ter nagedagtenis aan Robinson wat op 30 Julie daardie jaar op ’n plaas buite Thabazimbi vermoor is. Lede van Robinson se familie het in samewerking met AfriForum 430 briewe aan die toenmalige Britse eerste minister, David Cameron, by sy woning by 10 Downingstraat in Londen oorhandig. In Suid-Afrika het AfriForum ’n memorandum aan die polisie oorhandig om die prioritisering van plaasmoorde te eis.
2015: Godsdiens in skole
’n Hofstryd oor die behoud van godsdiensonderrig in skole begin nadat Hans Pietersen, voorsitter van die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod), ’n hofaansoek bring om skole te dwing om godsdiensonderrig uit die skooldag te haal. Dit word een van AfriForum se grootste veldtogte, met ’n fietstoer wat oor 6 000 km na meer as 100 dorpe strek. Geld word vir die hofsaak ingesamel en ’n staptog volg. Die akteur Hykie Berg raak ook betrokke.
Lees ook: Waar jou bydrae hoop gebring en gemeenskappe beskerm het
Deel op
"*" indicates required fields
Nuutste artikels



















