Sommer soetkoek is ’n prettige daaglikse vyf minuut lange opvoedkundige speletjiesprogram wat spesifiek vervaardig is om geletterdheid en syferkundigheid onder laerskoolleerders te bevorder.
Daar is ’n nuwe episode vir elke weeksdag van die jaar wat laerskoolleerders die geleentheid sal gee om speel-speel hul letter- en syfervaardighede te slyp. Ouers kan net so lekker saamspeel en in die proses saam met hul kinders hulle eie breinkrag verder ontwikkel.
Die reeks word aangebied deur twee innemende poppe, Numero en Alfie, terwyl dit vervaardig is deur Johan Stemmet Entertainment Enterprises, wat oor die afgelope 20 jaar vir opvoedkundige kinderprogramme soos Wise Up en Words & Numbers verantwoordelik was, asook sedert 1989 ’n verskeidenheid musiekprogramme soos Noot vir Noot en Musiek Roulette die lig laat sien het.
Maak Sommer soetkoek deel van jou en jou kind se daaglikse roetine. Kyk elke dag ’n nuwe episode en speel saam, voor of ná skool of net voor slaaptyd. Sommer soetkoek gaan jou kind beslis ’n voorsprong gee as dit by syfer- en lettervaardigheid kom!
Sommer Soetkoek-lokprent
Deel op
Nuutste artikels



















