Fokofpolisiekar en Jack Parow bring ’n unieke Suid-Afrikaanse ervaring na Australië en Nieu-Seeland
Maak gereed vir ’n rowwe, eerlike en onvergeetlike Suid-Afrikaanse musiekervaring!
Twee van Suid-Afrika se grootste en ikoniese kunstenaars, Fokofpolisiekar en Jack Parow, bring in Maart 2026 hul kenmerkende klank, energie en karakter oor die oseaan vir drie eksklusiewe vertonings in Australië en Nieu-Seeland. Hierdie is nie net ’n konserttoer nie, dis ’n viering van Afrikaanse musiek en kreatiwiteit, waar musiek mense saambring deur eerlike woorde, rou energie en onvergeetlike verhoogoomblikke.
Die toer word aangebied deur SA Events, wat bekend is vir hul indrukwekkende werk om Suid-Afrikaanse kunstenaars wêreldwyd na gehore te bring. Met jare se ervaring in die aanbieding van toere vir kunstenaars soos Spoegwolf, Jo Black en Ruhan du Toit, beloof SA Events weer ’n ervaring van wêreldgehalte. “Ons wil ’n ervaring skep wat mense nie net laat luister nie, maar laat deel word van die oomblik,” sê Arno Nel, eienaar van SA Events en organiseerder van die konsertreeks. “Hierdie toer gaan oor die energie, vriendskap en onmiskenbare lewenslus wat Suid-Afrikaanse musiek so besonders maak – iets wat jy net kan ervaar, nie beskryf nie.”
Toerdatums
- Vrydag 27 Maart 2026 – Brisbane
Koop jou kaartjies hier.
Eksklusiewe AfriForum Wêreldwyd-voordeel – 20%-korting vir ondersteuners. (Slegs geldig tot 31 Desember 2025)
Gebruik die promosiekode “Kersfees” wanneer jy bespreek. Hierdie spesiale aanbod is beskikbaar vir ’n beperkte aantal kaartjies, so bespreek vroeg om jou plek te verseker!
- Saterdag 28 Maart 2026 – Auckland
Koop jou kaartjies hier.
Eksklusiewe AfriForum Wêreldwyd-voordeel – 20%-korting vir ondersteuners. (Slegs geldig tot 31 Desember 2025)
Gebruik die skakel, https://bit.ly/AAATicketingFokofDisc, wanneer jy bespreek. Hierdie spesiale aanbod is beskikbaar vir ’n beperkte aantal kaartjies, so bespreek vroeg om jou plek te verseker!
- Sondag 29 Maart 2026 – Perth
Koop jou kaartjies hier.
Eksklusiewe AfriForum Wêreldwyd-voordeel – 20%-korting vir ondersteuners. (Slegs geldig tot 31 Desember 2025)
Gebruik die promosiekode “Kersfees” wanneer jy bespreek. Hierdie spesiale aanbod is beskikbaar vir ’n beperkte aantal kaartjies, so bespreek vroeg om jou plek te verseker!
AfriForum Wêreldwyd is trots om hierdie toer te ondersteun as deel van hul mandaat om Suid-Afrikaners wêreldwyd deur kultuur en gemeenskap te verbind. “Musiek het die unieke vermoë om mense te verbind,” sê Sue-Ann de Wet, hoof van diaspora by AfriForum Wêreldwyd. “Hierdie toer vier die karakter en kreatiwiteit van Suid-Afrikaanse kunstenaars, en ons is trots om deel te wees van hierdie besonderse ervaring.”
’n Musiekervaring soos geen ander
Die Fokofpolisiekar en Jack Parow-toer bied iets unieks: Twee musikale kragte wat elk op hul eie die Afrikaanse musiektoneel gevorm het, deel nou een verhoog in ’n energieke viering van oorspronklikheid en kreatiewe vrymoedigheid.
Fokofpolisiekar het in die vroeë 2000’s die Afrikaanse rocklandskap vir altyd verander. Met hul eerlike lirieke, rou energie en opregte boodskap het hulle ’n generasie geïnspireer om hardop te dink en sonder verskoning hul eie pad te stap. Liedjies soos “Hemel op diePlatteland”, “Ek Skyn (Heilig)” en “Tygerberg Vlieg” het die klankbaan geword van ’n tydperk waarin Afrikaanse musiek sy eie identiteit begin herdefinieer het.
Jack Parow, die langpet-raplegende met sy skerp humor en spitsvondige lirieke, het Afrikaanse rap wêreldwyd op die kaart geplaas. Sy treffers “Cooler as ekke” en “Dans dans dans” is deel van die moderne Afrikaanse musiekwêreld, en sy vertonings is bekend vir hul energie, opregte entoesiasme en die lekker lag wat altyd daarmee saamkom.
Saam bring hulle ’n ervaring wat eg Suid-Afrikaans is – eerlik, intens en propvol karakter.
Hierdie toer word met trots aangebied deur SA Events, die amptelike organiseerder wat al vir jare uitsonderlike Suid-Afrikaanse musiekervarings wêreldwyd moontlik maak. AfriForum Wêreldwyd is ’n trotse vennoot in hierdie projek, wat daarop gemik is om Suid-Afrikaners in die buiteland deur taal en musiek met mekaar te verbind. Springhaas Brandewyn bring op hul beurt die kenmerkende warmte, karakter en Suid-Afrikaanse gees na die verhoog – ’n trotse handelsmerk wat, soos die musiek self, met styl en smaak geniet word. Volg hulle op Facebook by Springhaas Brandewyn.
Eksklusiewe AfriForum Wêreldwyd-voordeel – 20%-korting vir ondersteuners
Vir meer inligting oor die toer of om jou kaartjies te bespreek, besoek www.southafricanevents.com. Onthou om die promosiekode”Kersfees” te gebruik om 20%-korting op jou kaartjies te ontvang – beskikbaar vir ’n beperkte tyd en aantal kaartjies. Stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com met navrae of vir verdere inligting.



















