’n Trop blouape (Chlorocebus pygerythrus) spandeer tyd by die N’wamanzi-uitkykpunt, met ’n pragtige uitsig oor die Olifantsrivier in die Nasionale Krugerwildtuin. Met hulle in die omgewing, is dit altyd raadsaam om jou voertuig se vensters dig toe te hou. Dié apies is baie vinnig om die geringste kansie aan te gryp om enigiets wat hulle kan bykom, te gaps.
Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions beskikbaar gestel. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Dit is slegs in Afrikaans beskikbaar en kan ook by winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin gevind word.
Deel op
Nuutste artikels