Daar is sekere geure wat jou onmiddellik huis toe neem – al is “huis” duisende kilometers ver. Vir baie van ons mense wat oorsee woon, is dit juis kos wat herinneringe wakker maak, stories vertel en ’n gevoel van behoort skep. In hierdie uitgawe van Onderneming in die kollig stel ons ’n onderneming bekend wat presies dit doen: met elke happie word ’n stukkie Suid-Afrika weer lewendig.
Hierdie week neem ons jou na Australië, waar Biltong & Boerewors die geleentheid bied om aanlyn “Lekker” items te vind wat direk uit Suid-Afrika ingevoer word.
Lees meer oor Biltong & Boerewors
Mis jy biltong, boerewors, droëwors, Ouma-beskuit, Beacon-lekkergoed, ProNutro of Cream Soda?
Ons hele produkreeks kan by jou deur afgelewer word, enige plek in Australië.
Ons is trots daarop om biltong en boerwors te maak met oorspronklike en tradisionele resepte wat van die hoogste gehalte is en beter is in geur, tekstuur en gehalte as enige soortgelyke produkte wat tans in Australië beskikbaar is. By Biltong & Boerewors streef ons altyd daarna om jou verwagtinge te oortref met ons pryse en die gehalte van ons produkte.
Ondernemings soos Biltong & Boerewors wys hoe ons mense hul kultuur, vaardighede en entrepreneursgees saamneem, waar hulle ook al wortelskiet. Dit is juis hierdie stories van aanpas, bou en bydra wat die Wêreldgids so waardevol maak – ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings mekaar vind en ondersteun, ongeag landsgrense.
Het jy ook ’n onderneming oorsee, of ken jy een wat verdien om raakgesien te word?
Registreer dit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids en word deel van ’n groeiende netwerk wat gehalte, diens en identiteit wêreldwyd sigbaar hou.
Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za – ons hoor graag jou storie!
Deel op
Nuutste artikels



















