AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n uitgebreide verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.
Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind. Hierdie week val die kollig op Nova Home Lovers – ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.
Nova Home Lovers is geleë in Virginia, VSA en is jou plaaslike en wêreldwye eiendomsagent en verhuisings hulpbron. Wanda Voight is ’n internasionale eiendomspesialis en hervestigingskenner wat al die stap-vir-stap-leiding kan gee wat jy benodig om jou suksesvol in enige plek in die wêreld te hervestig. Nova Home Lovers beskik oor ’n ongelooflike span hervestigingspesialiste wat ononderbroke werk om te verseker dat jy en jou gesin ’n sagte, gladde landing het!
Lees meer oor Nova Home Lovers

Ek is self ’n Suid-Afrikaanse immigrant met persoonlike ervaring van hoe skrikwekkend en soms frustrerend dit kan wees om om alles te pak of te verkoop en weer van vooraf te moet begin – ek begryp jou situasie ten volle. Ek weet hoe oorweldigend, stresvol en emosioneel alles kan wees. Veral as jy met kinders en troeteldiere moet trek.
Dit is waarom dit my passie is om ander mense in hul nuwe avontuur te ondersteun. Ek het Nova Home Lovers spesifiek geskep om al die toutjies vir jou saam te knoop. Dit is ’n platform waarop jy al die hulpbronne, inligting en ’n span van hervesitgingspesialiste kan kry wat op elke tree van jou reis sal help. Ware mense wat ware oplossings vir al jou behoeftes vind: Jou avontuur, jou manier, van A tot Z … uitgesorteer! Laat ek ’n bietjie van die las op jou skouers wegneem sodat jy kan ontspan en die reis kan genie. Kontak my vandag om jou hervestigingshulpplan te begin.
Dit sal jou duidelikheid gee en help om op die regte roete te begin.
Ek is met elke tree van die reis hiér vir jou.
Met AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n dinamiese sakenetwerk nie; dit is ook ’n platform om ’n ondersteuningsnetwerk te vestig vir daardie dae wanneer die verlange na jou mense swaar op jou hart druk. Maak seker jou onderneming word op ons Wêreldgids gelys – klik op die skakel om deel te word van hierdie groeiende gemeenskap.
Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk – ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.























