Onderneming in die kollig: Die Voortrekkers NZ

04/08/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Die Voortrekkers NZ

Dit is nie maklik om in ’n nuwe land aan te pas nie. Alles voel vreemd en onbekend, en selfs iets so eenvoudig soos om jou geliefde Suid-Afrikaanse produkte op te spoor kan ’n avontuur op sigself wees. Jy hoef dit egter nie alleen te doen nie: AfriForum Wêreldwyd is hier om te help.

Ons Wêreldgids is enig in sy soort: Dis ’n plek waar ondernemings van Suid-Afrikaners van regoor die wêreld bymekaar kom om ’n gevoel van gemeenskap te skep en waar jy weer kan voel jy behoort.

Of jy nou op soek is na Afrikaanse kerkdienste, jou gunsteling- Suid-Afrikaanse lekkernye of professionele mense wat in Afrikaans met jou oor finansiële, mediese of regskwessies kan gesels, ons gids wys vir jou waar om te begin.

Elke week plaas die AfriForum Wêreldwyd-span een van die ondernemings in die gids in die kollig. Hierdie week kyk ons na Die Voortrekkers NZ wat in Hamilton, Nieu-Seeland geleë is. Die Voortrekkers NZ is ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids!

Die Voortrekkers NZ is ’n kultuurbeweging wat ons lede, in besonder die jeug, toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Lees meer oor Die Voortrekkers NZ

Die Voortrekkerverhaal vertel ’n verhaal van planne, vars denke, aanpasbaarheid en hoëfunksieprestasies. Dit is ’n storie van liefde vir Afrikaans, Afrikanerkultuur, Afrikanerkinders en, bo alles, die Here.

Dit is ook ’n storie van pret, kameraadskap en avontuur.

Getrou aan die oorspronklike stigtingsideale is Die Voortrekkers NZ ’n toekomsgerigte jeugorganisasie wat

  • Afrikanerkinders se karakter deur Bybels-Christelike waardes vorm.
  • Afrikanerkinders die geleentheid bied om hul kultuur in die natuur deur avontuur te geniet.
  • Afrikaners begelei om as oortuigde Christene nie net Bybelse waardes in hul persoonlike lewens uit te leef nie, maar om ook gemeenskapswaardes deur middel van diens, deelname en standpunte te help vorm.
  • Afrikanerkinders help om lewensvaardighede te ontwikkel om as uitnemende en diensbare leiers ’n betekenisvolle en positiewe bydrae tot die land en die wêreld te lewer.
  • Afrikanerkinders ’n tuiste bied waarin hulle die Afrikaners se geskiedenis, taal, kultuur en tradisies ten volle kan uitleef en geniet.

Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd seWêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net té ver weg is.

Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk. Ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.

Kontak Die Voortrekkers NZ

Klik hier om Die Voortrekkers NZ se Facebook blad te besoek.
Klik hier om Die Voortrekkers NZ op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels