The Lekker Shop, ’n trots Suid-Afrikaanse slaghuis en kruidenierswinkel in Hamilton, Nieu-Seeland, het onlangs geskiedenis gemaak by die Dunningham’s Great New Zealand Sausage Competition, die land se mees gesogte nasionale worskompetisie wat jaarliks meer as 800 inskrywings van meer as 300 slaghuismeesters lok.
Met hul “Cheese Russians” het The Lekker Shop vanjaar die kategoriekampioen-toekenning in die voorafbereide afdeling verower – ’n ongelooflike prestasie wat Suid-Afrikaanse geure en vakmanskap op die wêreldverhoog plaas. Dit is hul tweede groot oorwinning, nadat hulle verlede jaar goud gewen het vir hul “Bacon & Cheese Wors”.

Agter hierdie sukses staan Giliame Nel Snr. (Giel) en Giliame Nel Jnr., ’n dinamiese pa-en-seun-span wat hul liefde vir kookkuns, vleis en geur deel. Hulle werk sy aan sy in die slaghuis, ware ambagsmanne wat glo aan goeie bestanddele, presiese metodes en die “old school”-benadering waarmee hulle grootgeword het.

Hulle dra hul Bosveldwortels met trots, en dit wys in elke produk wat uit The Lekker Shop se slaghuis kom, van die egte geur van boerewors tot die perfekte balans van ’n “Cheese Russian” wat Nieu-Seeland se beoordelaars laat glimlag het.
“Ons is ongelooflik trots om Suid-Afrika te verteenwoordig in Nieu-Seeland en mense hier ’n ware voorsmakie van ‘lekker’ te gee,” sê die span van The Lekker Shop.
As jy in Nieu-Seeland of elders in die wêreld bly en ook lus is vir ’n bietjie eg Suid-Afrikaanse “lekker”, kan jy The Lekker Shop en ander Suid-Afrikaanse ondernemings maklik vind op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids – ’n unieke aanlyn gids wat ons mense en geure oor grense heen verbind. Besoek www.wereldgids.co.za om meer uit te vind, jou gunstelingondernemings te ondersteun, of selfs jou eie onderneming te lys. Want waar ons mense is, is daar altyd iets lekker om te deel!
Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk – ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.
Lees ook: Die tas vol dinge wat nie pas nie: Wat bly agter wanneer jy vertrek en wat dra jy altyd saam?



















