Elke onderneming het ’n storie – een van moed, drome en ’n bietjie Suid-Afrikaanse vasberadenheid. Wanneer mense hul tasse pak en nuwe horisonne aandurf, pak hulle ook hul kreatiwiteit, hul kultuur en hul passie in. AfriForum Wêreldwyd glo dat dié stories verdien om vertel te word. Met ons Onderneming in die Kollig-reeks vier ons week na week die Suid-Afrikaanse ondernemings wat dwarsoor die wêreld hul eie stukkie “tuis” skep – waar taal, hart en diens steeds hand aan hand loop.
Hierdie week neem ons jou na Nieu-Seeland, waar Bushveld Kiwi alles wat jy nodig het, onder een dak bied.
Bushveld Kiwi is jou Suid-Afrikaanse tuiste in die buiteland. Biltong, droëwors, kruideniersware en vleissoorte wat die SA-smaak na NZ bring. Bring die bosveld na jou agterplaas.
Dit is waar Suid-Afrikaanse geur met die Kiwi-lewenstyl vermeng.

Ondernemings soos Bushveld Kiwi wys hoe ons mense hul kultuur, vaardighede en entrepreneursgees saamneem, waar hulle ook al wortelskiet. Dit is juis hierdie stories van aanpas, bou en bydra wat die Wêreldgids so waardevol maak – ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings mekaar vind en ondersteun, ongeag landsgrense.
Het jy ook ’n onderneming oorsee, of ken jy een wat verdien om raakgesien te word?
Registreer dit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids en word deel van ’n groeiende netwerk wat gehalte, diens en identiteit wêreldwyd sigbaar hou.
Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za – ons hoor graag jou storie!
Lees ook: Onderneming in die kollig: Elmarie Steenberg Real Estate



















