Afrikaans 100 – Taalheld 2 – C.P. Hoogenhout

11/03/2025
| Deur Alana Bailey
Afrikaans 100 – Taalheld 2 – C.P. Hoogenhout

Tans herdenk ons die eerste honderd jaar van Afrikaans as amptelike taal in die land. Die prestasie om ’n geskrewe huistaal in ’n ten volle funksionele taal te ontwikkel wat langs Engels kan kers vashou, is inderdaad iets wat gevier moet word. Dit was die gevolg van die harde werk en opoffering van verskillende individue en organisasies. Die eeufees bied die gulde geleentheid om hulle weer in herinnering te roep.

Naas Arnoldus Pannevis, oor wie die vorige bydrae gehandel het, was C.P. Hoogenhout waarskynlik die mees bekende vroeë kampvegter vir Afrikaans. Verskeie variasies van sy geboortename bestaan – sy voorletters staan vir Casper of Casperus en Peter, Pieter of Petrus. Hy is op 11 Maart 1843 in Amsterdam, Nederland gebore. Hy was maar 13 toe sy moeder oorlede is en weens geskille met sy stiefma het hy besluit om na die Kaap te verhuis.

C.P. Hoogenhout

In 1860 het hy ’n pos in die Nederlandse konsulaat in Kaapstad aanvaar. Enkele jare later  ontmoet hy ’n ander Nederlandse emigrant, die einste Arnoldus Pannevis, en hulle word gou vriende. Pannevis het Hoogenhout opgelei as onderwyser – ’n lewenstaak wat kort voor 1870 by Groenberg naby Wellington sou begin en wat hy vir byna veertig jaar lank sou uitleef. Pannevis het ook die begeerte om Afrikaans te bevorder by Hoogenhout gevestig.

By beide manne het die ideaal ontstaan dat die Bybel in Afrikaans vertaal moes word. Pannevis het wat dit aanbetref meer op bruin lesers gefokus, maar Hoogenhout het die behoefte by alle Afrikaanssprekendes ervaar. Hy (Hoogenhout) het eerste sy hand aan die taak gewaag en Mattheus 28 vertaal. Later het hy ook die evangelie van Markus vertaal, maar dit is nooit gepubliseer nie.

Hoogenhout het voorspraak vir die gebruik van Afrikaans in die koerant De Zuid-Afrikaan onder die skuilnaam “Klaas Waarzegger Junior” begin doen. Hy was ook verantwoordelik vir ’n gespreksreeks in dié koerant getiteld “Gesprekke tusse oom Jan Vasvat en neef Daantje Loslaat”. Dit was nie net propaganda vir die ontwikkeling en gebruik van Afrikaans nie, maar ook vir die bewusmaking van Afrikaners oor onderwys, Bybelvertaling en selfs politieke kwessies.

In 1875 was Hoogenhout een van die agt jollie kêrels (waaroor Randall Wicomb so vrolik sing) wat die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl gestig het om met die georganiseerde uitbou van die taal te begin. Hulle het saam ’n manifes uitgevaardig waarin hulle hul liefde vir hulle taal, volk en land verklaar het. Dit sluit af met die mooi uitnodiging:

Regte Afrikaners, ons roep julle op om same met ons te erken dat die Afrikaanse taal ons moedertaal is wat die liewe Here ver ons gegee het, en om same met ons te staan ver ons taal deur dik en dun, en nie te rus voor dat ons taal in alle opsigte algemeen erken is as die volkstaal van ons land nie.

Wat ’n inspirasie is die woorde nie – geen betoog soos wat ons deesdae hoor dat Engels (of Nederlands) ’n wêreldtaal is en Afrikaans gevolglik maar afgeskryf moet word nie. Dit maak ’n mens eintlik skaam om te dink dit het gekom van ’n groep wat ’n gebore Nederlander ingesluit het en wat almal geweet het hoeveel werk dit sou verg om Afrikaans tot amptelike taalstatus te ontwikkel.

Die jaar 1875 was in nog ’n opsig ’n hoogtepunt in Hoogenhout se lewe – hy is op 29 Maart met Catharina Maria Marais getroud. Sy was rofweg vier jaar jonger as hy. Hulle het ses kinders gehad en hulle huwelik van 47 jaar het eers met Hoogenhout se dood te einde geloop.

In die beginjare was hy een van die redakteurs van Die Afrikaanse Patriot, die GRA se eie koerant. Daar het sy liefde vir skryf gegroei, maar hy was toe reeds verantwoordelik vir die derde boek wat ooit in Afrikaans verskyn het, en wat ook die eerste kinderboek in Afrikaans was. Die titel daarvan is Die geskiedenis van Josef voor Afirkaanse kinders en Huissouwens in hulle eigegeskrywedoor een vrind en dit is al in 1873 gepubliseer. Hy was ook ’n mededigter van die Afrikaanse Volkslied (“’n Ider nasie het zyn land, …”), medeskrywer van die eerste geskiedenisboek in Afrikaans, ’n wiskunde handboek en hy het verder vele boeke uit Nederlands in Afrikaans vertaal. Die wiskundeboek was skynbaar sy topverkoper – 20 000 kopieë is daarvan gedruk!

Ons ken veral Hoogenhout se gedigte, meestal gepubliseer in Die Afrikaanse Patriot onder die skuilnaam “Oom Jan wat versies maak”, en van ons haal hom dikwels aan wanneer ons weeklaag “Engels, Engels, alles Engels …”

Hoogenhout was nie net ’n taalpatriot en skrywer van formaat nie, maar ook ’n geliefde onderwyser. Hy het in 1908 afgetree en is op 13 Januarie 1922 op Optenhorst naby Wellington oorlede. Die skooltjie by Groenberg kan steeds besigtig word en daar is planne om dit te restoureer.

Dit bly merkwaardig dat manne soos Pannevis en Hoogenhout van ver moes kom om so ’n sleutelrol in die geskiedenis van Afrikaans te speel. Deur hulle oë het Afrikaanssprekendes plaaslik ook geleer om die uniekheid en skoonheid van ons taal te waardeer – ons loof hulle daarvoor!

Lees ook: Afrikaans 100 – Taalheld 1 – Arnoldus Pannevis

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels