Daar is sekere geure wat jou onmiddellik huis toe neem – al is “huis” duisende kilometers ver. Vir baie van ons mense wat oorsee woon, is dit juis kos wat herinneringe wakker maak, stories vertel en ’n gevoel van behoort skep. In hierdie uitgawe van Onderneming in die kollig stel ons ’n onderneming bekend wat presies dit doen: met elke happie word ’n stukkie Suid-Afrika weer lewendig.
Hierdie week neem ons jou na Nieu-Seeland, waar Ruskalicious al sedert 2018 Suid-Afrikaanse beskuit bak wat meer as net ’n peuselhappie is – dit is tradisie, herinnering en liefde in elke stuk.
Ruskalicious is ’n toonaangewende bakkery gebaseer in Silverdale, Auckland en spesialiseer in tradisionele Suid-Afrikaanse beskuit. Sedert ons nederige begin in 2018, het ons ’n toevlugsoord geword vir diegene wat ’n heerlike mengsel van erfenis en kinderherinneringe soek.

Lees meer oor Ruskalicious
Ervaar die rykdom van Suid-Afrikaanse gebak met Ruskalicious.
Proe die tradisie, voel die liefde en deel in die vreugde wat met elke beskuit gepaardgaan!
Ons verskaf ’n ongeëwenaarde verskeidenheid gehaltebeskuit, ’n maklike inkopie-ervaring, versnelde versendingsaanbiedinge en uitstekende kliëntediens.
Kyk vandag na ons produkte!
Ondernemings soos Ruskalicious wys hoe ons mense hul kultuur, vaardighede en entrepreneursgees saamneem, waar hulle ook al wortelskiet. Dit is juis hierdie stories van aanpas, bou en bydra wat die Wêreldgids so waardevol maak – ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings mekaar vind en ondersteun, ongeag landsgrense.
Het jy ook ’n onderneming oorsee, of ken jy een wat verdien om raakgesien te word?
Registreer dit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids en word deel van ’n groeiende netwerk wat gehalte, diens en identiteit wêreldwyd sigbaar hou.
Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za – ons hoor graag jou storie!
Deel op
"*" indicates required fields
Nuutste artikels



















