Hiermee die nuutste leesgenot vir die jongspan:
Opwipsprokie: Die slapende skoonheid
Herontdek die tydlose verhaal van Die slapende skoonheid met hierdie betowerende opwipboek! ‘n Vloek word oor die prinses en al die koning se onderdane uitgespreek wat hulle honderd jaar lank laat slaap. Baie prinse probeer deur die jare, maar net een kry dit reg om die slapende skoonheid wakker te maak.
Hierdie boek is perfek vir enige boekrak en kombineer klassieke storievertelling met illustrasies wat werklik voor jou oë lewendig word!
Vind meer uit.
Opwipsprokie: Sneeuwitjie en die sewe dwergies
Herontdek die tydlose verhaal van Sneeuwitjie en die sewe dwergies met hierdie betowerende opwipboek! Wanneer die wrede koningin van haar ontslae wil raak, bevind Sneeuwitjie haar diep in die woud. Daar kom sy af op ‘n fraai huisie waar sewe dwergies woon. Hulle nooi haar om by hulle te bly, maar wat as die koningin daarvan uitvind?
Hierdie boek is perfek vir enige boekrak en kombineer klassieke storievertelling met illustrasies wat werklik voor jou oë lewendig word!
Vind meer uit.
Soek in die boek: Goeters wat gaan
Welkom by ‘n opwindende reis met voertuie op land, water en in die lug! Elke bladsy bied ‘n nuwe avontuur: ‘n fiets met ‘n klokkie wat lui, ‘n groot geel bus vol passasiers, en ‘n stoomtrein wat op die spore ry.
Die vrolike rymteks nooi kleintjies uit om saam te gesels, terwyl die “soek-en-vind” speletjie op elke bladsy kinders lank sal besig hou. Met ‘n handige drahandvatsel, perfek vir klein handjies, kan hierdie boek oral saamreis!
Vind meer uit.
Soek in die boek: Feetjieland
Welkom in ʼn betowerende sprokieswêreld! In Feetjieland wag ʼn skatkis van avonture: dans saam met die eenhoring, speel saam met die feetjie en maak maats met ’n prinses.
Die vrolike rymteks nooi kleintjies uit om saam te gesels, terwyl die “soek-en-vind”-speletjie op elke bladsy kinders lank sal besig hou. ‘n Handige drahandvatsel, perfek vir klein handjies, sorg dat hierdie towerwêreld oral kan saamreis!
Vind meer uit.
Storierak
Volg ons op sosiale media
Storierak is ’n blad met oulike Afrikaanse kinderboeke deur Jonathan Ball Publishers.
Facebook: Storierak | Facebook
Instagram: Storierak (@storierak_) | Instagram
Deel op
Nuutste artikels































