WEN dubbelkaartjies na Afrikaans is Lekker in Australië en Nieu-Seeland

24/07/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
WEN dubbelkaartjies na Afrikaans is Lekker in Australië en Nieu-Seeland

Woon jou familie of vriende in Australië of Nieu-Seeland wat Afrikaans op hul harte dra? Dis jou kans om hulle iets besonders te gee – ’n aand van Afrikaanse musiek, kultuur en saamkuier soos net ons mense dit kan doen!

Beleef Afrikaans soos nog nooit tevore

Die gewilde Afrikaans is Lekker-konsertreeks, aangebied deur SA Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd as hoofborg, bring jaarliks die hartklop van Afrikaanse musiek na Suid-Afrikaners in die buiteland. Hierdie jaar is geen uitsondering nie. ’n Sterbelaaide lys van Afrikaanse kunstenaars, insluitend Ruhan du Toit, Bobby van Jaarsveld, Corlea en JD Mars is reg om gehore te betower met van hul grootste treffers. En ons gee dubbelkaartjies weg vir elke vertoning!

Toerdatums:

  • 15 Augustus – Hamilton
  • 16 Augustus – Auckland
  • 17 Augustus – Wellington
  • 22 Augustus – Brisbane
  • 23 Augustus – Perth
  • 24 Augustus – Sydney

Skryf nou in om te wen!

  1. Merk ’n vriend of familielid wat in Australië of Nieu-Seeland woon.
  2. Sê vir ons watter stad hulle is en hoekom hulle hierdie vertoning moet bywoon.
  3. Gebruik die hutsmerk #AfrikaansIsLekker2025

Vul die onderstaande vorm in om aan die kompetisie deel te neem:

WEN dubbelkaartjies na Afrikaans is Lekker in Australië en Nieu-Seeland

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*

Jy mag soveel inskrywings doen as wat jy wil – elke inskrywing is ’n nuwe kans om te wen!

Inskrywings sluit op 11 Augustus 2025
Die wenner word op AfriForum Wêreldwyd se Facebook-blad aangekondig.

Afrikaans oor grense heen

Afrikaans is Lekker is nie net ’n konsertreeks nie – dis ’n viering van taal, kultuur en samesyn. Deur hierdie konserte word die Afrikaanse erfenis lewendig gehou, selfs in die buiteland.

Volg AfriForum Wêreldwyd op Facebook. Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za vir enige navrae.

Deel op

Nuutste artikels