Deur Elsa Silke
Kom saam met Rocco op ‘n interaktiewe slaaptyd-avontuur! Ses tonele wat verander en rymteks sorg dat kleintjies hulle nagroetine op ‘n prettige manier ervaar – van speelgoed opruim en melk drink, tot tande borsel en stories deel. Só leer hulle ‘n eenvoudige slaaptydroetine. Dis die perfekte boek vir kinders wat ‘n bietjie ekstra aanmoediging (en baie meer pret) nodig het wanneer dit tyd is om te gaan slaap. Hierdie is die slaaptydstorie waarvoor kinders oor en oor sal vra!
ISBN: 9780798185837
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum vrygestel: Maart 2026
Prys: R 175,00
Formaat: Kartonboek
Rocco sê goeienag
Klik hier om die boek te koop.



















